Ons gemeente






  


Meer oor ons gemeente


Wie is ons?

Die AP Kerk Namakwaland is:

 

  • `n Kerk van Jesus Christus.
  • `n Afrikaanse Gereformeerde Protestantse Kerk.
  • aanvaar die hele Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God.
  • aanvaar die Bybel alleen as rigsnoer vir die mens se leer en lewe op aarde.
  • glo in die Drie-enige God soos Hy Hom in sy Woord openbaar.
  • glo dat die waarhede van God se Woord betroubaar saamgevat is in die Drie Formuliere van Enigheid, wat die kerk se belydenisskrifte is.
  • verkondig die volle raad van God soos in sy Woord geopenbaar.
  • erken en respekteer die vryheid van die indiwiduele gelowige binne perke van die Heilige Skrif.
  • erken elke gelowige se Bybelse reg om deel te he aan die verkiesing van kerkraadslede en aan die beroeping van `n predikant.
  • handhaaf `n kerkorde gebaseer op die presbiteriale kerkregeringstelsel.
  • maak groot erns met die erediens, die suiwere verkondiging van God se Woord, die genadeverbond, die sakramente, die kerklike tug, die onderrig van die verbondskinders en die opleiding van predikante.
  • aanvaar sending, barmhartigheidsdiens en evangelisasie as die Bybelse roeping van elke lidmaat.
  • onderwerp hom aan die gesag van die staatsowerheid in soverre die owerheid nie strydig met God se Woord optree nie.
  • ag dit sy profetiese roeping om die Wil van God, soos geopenbaar in sy Woord, ook aan die owerheid te verkondig.
  • beywer hom vir Christelik-volkseie onderwys.
  • Die AP Kerk Namakwaland bied `n ruimte waar gelowiges die Here Jesus Christus ongehinderd kan dien en eer.
  • Die AP Kerk Namakwaland stel hom ten doel om hom besig te hou met die beginsels vanuit die Woord vir die reeling van die sosiale, politieke en ekonomiese lewe.

 

 

Bedieningsgebied

 

Ons gemeente strek hom uit oor twee lande naamlik Suid-Afrika en Namibia.  

Die gemeentegrense strek oor `n gebied van meer as 90 000 vierkante kilometer en sluit die volgende dorpe, in alfabetiese volgorde, in: Aggeneys, Alexanderbaai, Carolusberg, Kleinzee, Nababeep, Okiep, Oranjemund, Port Nolloth, Rosh-Pinah, Springbok, Vioolsdrif en Warmbad. 

Sommige van ons lidmate bly tot 360km van ons kerkgebou af.

Om die bediening in hierdie uitgestrekte gebied sinvol te maak, sodat elke lidmaat die geleentheid het om geestelik te groei, is die gemeente opgedeel in `n aantal wyke.  Hierdie wyke funksioneer as kleingroepe wat gereeld saamkom vir biduur of Bybelstudie.  Tydens so wyksbyeenkoms word daar dan ook doelgerig beplan vir die uitbreiding van God se koninkryk in die spesifieke wyksgebied.  Hiermee het ons weg beweeg van die tradisionele manier van Afrikaanse kerke om allerlei aksies in die gemeente te he.   

Binne die wyksbyeenkomste kom gesinne saam en kan egpare, ouers en kinders saam hulle dienswerk beplan. Ons heg groot waarde aan die rol wat die gesin as kleinste Verbondsgroep kan speel en wil juis so ver moontlik waak teen allerlei aksies wat dit uitmekaar kan skeur.

Die bediening in die verskillende wyke geskied onder leiding van die ouderling en diaken wat onderskeidelik vir die geestelike opbou en versorging en ook die barmhartigheidsdiens verantwoordelik is.  Saam vorm al die ouderlinge en diakens `n kerkraad.  

Tans is ons Voorsitter van die Kerkraad, ouderling Anton Keyter.


Kerkverband se Webblad

www.apkerk.co.za